Uitnodiging aan Voornemende en Huidige Goedere en Dienste Verskaffers om te Registreer op die Verskaffers Databasis
In terme van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur (Wet 56 van 2003) word Munisipaliteite verplig om `n Databasis van alle Voorkeur Verskaffers by te hou.
Aankope vir goedere en of dienste vir die Munisipaliteit sal dan ook gedoen word vanaf verskaffers op die databasis. Die Sentrale Karoo Distrik, Laingsburg en die Beaufort-Wes Munisipaliteit is tans in `n proses om ons bestaande databasis van Voorkeur Verskaffers op te dateer. Hiermee versoek ons dus alle bestaande en voornemende verskaffers om te registreer op ons databasis.
Registrasievorms is beskikbaar by alle munisipale kantore en moet terugbesorg word by die Kantore van die VoorsieningsKanaal Bestuurseenheid te Simpsonweg, Donkinstraat 56 of Van Riebeeckstraat te Laingsburg. Die dokumente kan ook gepos word na die Beaufort-Wes Munisipaliteit, Privaatsak 582, Beaufort-Wes, 6970, Sentraal Karoo DistriksMunisipaliteit, Privaatsak X560, Beaufort Wes 6970 of Privaatsak X4, Laingsburg, 6900. Die koevert moet duidelik gemerk wees "Registrasie van Verskaffers". Elektroniese registrasie per e-pos sal ook aanvaar word by treasury@beaufortwestmun.co.za ; manager@skdm.co.za of Laingsburg@xsinet.co.za. Die dokument is ook beskikbaar op die Raad se webtuiste (www.beaufortwestmun.co.za) of (www.Laingsburg.gov.za).
Geliewe asseblief kennis te neem dat alle dokumentasie soos vereis, aangeheg moet wees ten einde u registrasie goed te keur.
Telefoniese navrae kan gerig word aan me. Lizette Strümpher (manager@skdm.co.za) by nommer: 023 449 1000 of me. Senèl Pothberg (senel@beaufortwestmun.co.za ) by nommer: 023 414 8100 of me. Lesley-Ann Gouws (Lesley-Ann.Gouws@Ignet.gov.za) by nommer: 023 551 1019.
No comments:
Post a Comment